Wees deel van ons sprokiesverhaal...
Koen7
Koen8
Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie spesiale dag saam met julle te deel. Wat begin het as ’n raak-kuier, ’n “Facebook request” en later ’n koppie koffie met ure se gesels, het gegroei deur God se liefde. Op 8 Augustus 2026 begin ons vir altyd, en ons kan nie wag om hierdie besondere oomblik te deel met die mense wat saam met ons deur elke seisoen gestap het nie.
Koen6
Hulle het mekaar raak gekuier in Uitenhage en so kenisse geword, noem dit maar vriende, of eerder Facebook-vriende. David het die eerste skuif gemaak met ’n “friend request”. Zelvoné het in Potchefstroom geswot, en daarom het hulle mekaar meestal net gedurende vakansies gesien wanneer sy saam met haar vriendin die dorp rooi gaan verf het.

8 Oktober 2021: Hulle kuier mekaar weer raak. Zelvoné vra vir David om te dans, maar sy hoofprioriteit op daardie stadium was om die kuierplek se vuur aan die gang te hou. Die volgende liedjie begin speel, steeds geen teken dat David die vuur gaan los nie, en Zelvoné gaan toe huis toe.

Daardie aand word daar vir die eerste keer ’n WhatsApp-boodskap uitgeruil. David wil weet hoekom Zelvoné soos mis onder die son verdwyn het, of dalk eerder soos mis onder die vuur.

9 Oktober 2021: David reël ’n koffie-date. Nooit in hul wildste drome het hulle gedink dat een koppie koffie en ure se onophoudelike gesels hulle tot hier sou bring nie. Albei het geweet hulle is in die moeilikheid. Zelvoné sou nog drie jaar swot, en David se woorde: “ek doen nooit weer ’n langafstandverhouding nie,” het toe bitter vinnig verdwyn.

14 Februarie 2022: David vra die keis, baie oorspronklik.

Na drie jaar se langafstandliefde, vier keer ’n jaar mekaar sien, harde klippe kou en later ook harde skimpe gooi, word die groot vraag uiteindelik op 15 Augustus 2025 gevra.
Koen17
8 Augustus 2026
Seremonie: 14:30 vir 15:00
Koen9
die stoor
H/V Parkstraat en Verenigingstraat, Moorreesburg
Addisionele gaste
As jou naam nie op die uitnodiging staan nie is daar nie ‘n plekkie vir jou gedek nie. Los maar jou tannie se sussie se niggie en kat by die huis. 
Kleredrag
Semi-formeel. Onthou dis ons plaas-sprokiesverhaal. 
Los jou kerk “koene” en Gucci by die huis. Ons soek jou in jou dans “koene”.  Dames- jy mag dalk sukkel met jou stilletos op die grondpad. #Velliesvirdiewen!
Koen10
Drankies
‘n Kontantkroeg met kaartfasiliteite is by die onthaal beskikbaar. 
Koen11
Jou teenwoordigheid by ons troue is die grootste geskenk wat ons kan vra. As jy ons graag wil seën, vra ons vriendelik dat jy bydra sal maak tot die bou van ons toekoms saam. Of dit nou is om ’n warm en liefdevolle huis te skep of om te spaar vir ons avonture wat voorlê, jou vrygewigheid sal ons altyd herinner aan die liefde waarmee ons omring word.
Indien jy ons graag wil seën met ’n bydrae, kan dit in die onderstaande rekening gemaak word:
Rekeninghouer: Zelvone Swanepoel
Rekeningnommer: 4098192419
Takkode: 632005
Bank: ABSA
Rekeningtipe: Lopende rekening
Koen13
Koen15
Vrydag Aand Braai
Ons wil graag die feesvieringe 
Vrydag al afskop. 

Plek: Die Lapa @Die Stoor
Tyd: 18:00

Bring jou doppie en choppie. 
Bykosse en vermaak sal verskaf
word deur die bruidspaar. 
Koen14
Saterdag

Verken die mooie Swartland distrik: 

Org de Rac Organic Wine Estate

Wildehurst Wines

Nieuwedrift Wines

Winkelshoek Wine Cellar  

Schenkfontein Wines

en vele meer..


Maar, moenie te lekker kuier nie, 

onthou ons trou 15:00!

Koen16
Sondag

Ontbyt saam vriende en familie

Koen18
Irma Bester - De STALLE GASTEHUIS
082 403 9510
Maggie Louw gastehuis
082 743 6569
Thelma Serdyn gastehuis
082 899 5368
Christine Koch Vleidam gasteplaas
074 217 0027
Ennerien koringberg gastehuis
084 307 3855
Die Hut
079 252 9107
Koen20
EP19
Bevestig asseblief teen 8 Junie 2026 om julle plek te verseker.

Ons kan nie wag om ons liefde, lag en  lewe saam met julle te vier nie. Dankie dat julle deel van ons storie is.
Designed by Moonlight Design Studio. 
Visit www.moonlightdesigns.co.za for more.