a lifetime of love
Hulle het mekaar raak gekuier in Uitenhage en so kenisse geword, noem dit maar vriende, of eerder Facebook-vriende. David het die eerste skuif gemaak met ’n “friend request”. Zelvoné het in Potchefstroom geswot, en daarom het hulle mekaar meestal net gedurende vakansies gesien wanneer sy saam met haar vriendin die dorp rooi gaan verf het.
8 Oktober 2021: Hulle kuier mekaar weer raak. Zelvoné vra vir David om te dans, maar sy hoofprioriteit op daardie stadium was om die kuierplek se vuur aan die gang te hou. Die volgende liedjie begin speel, steeds geen teken dat David die vuur gaan los nie, en Zelvoné gaan toe huis toe.
Daardie aand word daar vir die eerste keer ’n WhatsApp-boodskap uitgeruil. David wil weet hoekom Zelvoné soos mis onder die son verdwyn het, of dalk eerder soos mis onder die vuur.
9 Oktober 2021: David reël ’n koffie-date. Nooit in hul wildste drome het hulle gedink dat een koppie koffie en ure se onophoudelike gesels hulle tot hier sou bring nie. Albei het geweet hulle is in die moeilikheid. Zelvoné sou nog drie jaar swot, en David se woorde: “ek doen nooit weer ’n langafstandverhouding nie,” het toe bitter vinnig verdwyn.
14 Februarie 2022: David vra die keis, baie oorspronklik.
Na drie jaar se langafstandliefde, vier keer ’n jaar mekaar sien, harde klippe kou en later ook harde skimpe gooi, word die groot vraag uiteindelik op 15 Augustus 2025 gevra.
18:00 – Reception & Dinner
(eat, toast, and celebrate with us)
Email: reservations@glenburn.co.za or reservations2@glenburn.co.za
Phone: +27 11 950 6000
Email: info@mistyhills.co.za
Website: mistyhills.co.za
Gauteng, South Africa
Phone: +27 11 668 1600
Website: riverstonelodge.co.za
Muldersdrift, Gauteng, South Africa
Phone: +27 11 668 1600
Website: bosheuvel.co.za
Gauteng, South Africa
Phone: +27 11 668 1600
Website: apricothillfarm.co.za
into Our Marriage
Visit www.moonlightdesigns.co.za for more.








